“You know you are getting old when it takes too much effort to procrastinate”
Anonymous
“You know you are getting old when it takes too much effort to procrastinate”
Anonymous
“The fact that we can’t solve all the problems of the world does not absolve us of the responsibility of solving the ones we can.”
Bob Macauley
Procrastination makes easy things hard, hard things harder.
Mason Cooley
Each new day is an opportunity to start all over again…. to clarify your vision.
Jo Petty
O ‘n mens is ‘n simpel ding! So vreeslik vatbaar vir die geskrewe woord – al is die woorde al springende op die internet.
My oorle’ Oupa Kapp het altyd gesê: “Papier is geduldig! Moenie als glo wat jy lees nie.”
Ek het jare terug gelees dat “hulle” sê (“Hulle” is mos daardie vreeslike slim alwyse, alwetende mannetjies wat die antwoorde op al ons vrae het!) dat enige slegte gewoonte binne 21 dae afgeleer kan word, deur dit met ‘n positiewe handeling te vervang.
Nou met diè dat ek mos so erg sukkel met “Uitstel” , “procrastination”, dog ek toe by nyself – as ek nou vir 21 dae, elke dag getrou ‘n quote oor diè flippin siekte plaas, sal ek mos voor einde Januarie genees wees; vir ewig en altyd iemand wees wat dadelik doen, wat gedoen moet word!
En op dag 17 besef ek skielik dat daar nog net vier dae oor is, dan is ek ‘n nuwe mens! Nooit weer sal ek uitstel nie, nooit weer in die moeilikheid kom en my kop in skaamte laat hang oor take wat uitgestel is en uiteindelik maar afgestel moes word.
My vreugde was so groot, dat ek besluit om hieroor te skryf – nèt miskien kan ek die lig vir ‘n mede-uitstellers laat skyn………………..
Groot was my ontnugtering toe ek my vriend, Google inspan en uiteindelik besef dat dit maar net iets is wat een of ander professor baie jare gelede geê het en wat sy studente as die alfa en omega ingeneem het. Iets wat intussen deur moderne geleerdes as loutere twak bewys is.
Die waarheid is blykbaar dat daar nie ‘n magiese tydperk aan so iets gekoppel kan word nie; dat niemand jou kan waarborg dat jy ‘n slegte gewoonte binne soveel dae en soveel ure sal afleer nie.
Wat ‘n teleurstelling! En ook wat ‘n ontnugtering toe ek besef…….. die enigste manier om hierdie slegte gewoonte af te leer is om maar net sèlf iets daaraan te doen, vir so lank as wat dit sal neem om dit af te leer.
Al goeie ding wat ek uit die eksperiment geleer het, is dat ek nou so vreeslik skuldig voel omdat ek nog nie my daaglike aanhaling geplaas het nie, dat ek dit sommer dadelik wil doen!
Ek is dankbaar vir daardie klein korreltjies genade!
Procrastination is opportunity’s assassin.
Victor Kiam
Procrastination is one of the most common and deadliest of diseases and its toll on success and happiness is heavy.
Wayne Gretzky
Procrastination is like a credit card: it’s a lot of fun until you get the bill.
Christopher Parker